NotesWhat is notes.io?

Notes brand slogan

Notes - notes.io

DIE GROOT VERSOENDAG (SKARNIER HOOFSTUK) Dit bring ons by die skarnier hoofstuk van Levitikus: die Groot Versoendag in Levitikus 16. Die gebeure van die Groot Versoendag (wat een keer per jaar plaas gevind het) het twee dele gehad. Die eerste deel het gehandel oor die reiniging van die priesterorde. Die hoëpriester het op hierdie dag ‘n bul as sondeoffer en ‘n ram as brandoffer gebring. Die bul was ‘n versoeningsoffer vir die hoëpriester en die res van die priesterorde. Daar is kole van die offeraltaar gevat in ‘n vuurpan en ‘n dubbele hand vol wierook. Die hoëpriester het met hierdie brandende wierook en die bloed van die bul wat geslag was in die Allerheiligste ingegaan en die bloed op die versoendeksel van die verbondsark sprinkel sowel as sewe keer voor die verbondsark op die grond. Op hierdie wyse was die Allerheiligste dan ook gereinig. Daarna het die hoëpriester uitgegaan en die bloed van die bul en die bloed van die ram aan die horings van die offeraltaar gesmeer en sewe maal daarop gesprinkel. So is die altaar dan ook gereinig. Die tweede deel het bestaan uit twee bokke wat gebring was voor die Here. Lootjies is getrek: een bok het gegaan as ‘n sondeoffer vir die Here; die ander bok was vir Asasel. Die bok vir Asasel was voor die hoëpriester gebring sodat hy sy hande op die kop van die bok kon plaas as ‘n simboliese handeling dat die sonde van die volk op die bok geplaas word. Daarna is die bok in die woestyn ingejaag. Daarna is die sondeoffers gebring. Die vel, vleis en pensmis en die res van die ingewandes moes buite die kamp verbrand word. Wat was die doel van hierdie twee bokke? Op die Groot Versoendag gaan dit oor “versoening” tussen God en mens. Dit wil sê, ‘n herstel van die verhouding. Vir hierdie herstel om plaas te vind moet twee dinge gebeur: eerstens, daar moet ‘n prys vir die skuld van sonde betaal word – dit is wat die bok vir die Here voorstel; tweedens, daar moet ‘n verwydering van die sonde en die skuld daarvan plaasvind – en dit is wat die bok vir Asasel voorstel. Deur hierdie twee bokke beklemtoon die Here die twee elemente van versoen: betaling en die verwydering van skuld. Dit is presies wat Christus ook kom doen vir ons: Hy neem ons sonde op 87 Studiegids vir BYB 1152 (2022) Hom en betaal ons skuld, maar terselfdertyd verwyder hy ook ons sonde voor die aangesig van die Vader sodat ons in ‘n verhouding met Hom kan staan. Doen hier: Leeraktiwiteit, vraag 9. ANDER WETTE (SLOT BYLAE) In die laaste deel van Levitikus vind ons verskeie wette met betrekking tot: • Die feeste wat gehou moes word, nl. die Sabbat, Paasfees (Pasga), Fees van die ongesuurde brode; Oesfees, die Groot Versoendag, Huttefees, ens. In Levitikus 23 word daar voorskrifte oor hoe die feeste gevier moet word, sowel as die offers wat op hierdie feeste gebring moes word, beskryf. • In Levitikus 24:1-9 word daar voorskrifte gegee met betrekking tot die kandelaar in die Heilige deel van die Tabernakel, asook die toonbrode. • Levitikus 24:10-23, 26:1-27:46 handel oor verskeie seëninge en strawwe. Wat opmerklik is van hierdie strawwe is dat die Here reeds hier die volk waarsku dat as hulle hul rug op Hom draai Hy hulle in ballingskap sal laat wegvoer na ‘n vreemde lande waar hulle nie die taal van die mense sal kan verstaan nie (vgl. Lev. 27:27-44). • Laastens word daar in Levitikus 27 verskeie loskoopwaardes gegee bv. om iemand wat deur ‘n gelofte aan die Here gewy is, los te koop; loskoop van huise of grond wat aan die Here gewy is, ens. SLOT OPMERKINGS Deur hierdie verskeie wette sien ons hoe die Here dinge in plek stel sodat Hy, die Heilige, onder die onheilige Israeliete kan woon. Ons sien hierin hoe die Here dan ook die volk na Hom toe bring. Eksodus sluit af met Moses buite die Tabernakel. Levitikus begin met Moses voor die Tabernakel. Numeri begin met Moses in die Tabernakel.
     
 
what is notes.io
 

Notes.io is a web-based application for taking notes. You can take your notes and share with others people. If you like taking long notes, notes.io is designed for you. To date, over 8,000,000,000 notes created and continuing...

With notes.io;

  • * You can take a note from anywhere and any device with internet connection.
  • * You can share the notes in social platforms (YouTube, Facebook, Twitter, instagram etc.).
  • * You can quickly share your contents without website, blog and e-mail.
  • * You don't need to create any Account to share a note. As you wish you can use quick, easy and best shortened notes with sms, websites, e-mail, or messaging services (WhatsApp, iMessage, Telegram, Signal).
  • * Notes.io has fabulous infrastructure design for a short link and allows you to share the note as an easy and understandable link.

Fast: Notes.io is built for speed and performance. You can take a notes quickly and browse your archive.

Easy: Notes.io doesn’t require installation. Just write and share note!

Short: Notes.io’s url just 8 character. You’ll get shorten link of your note when you want to share. (Ex: notes.io/q )

Free: Notes.io works for 12 years and has been free since the day it was started.


You immediately create your first note and start sharing with the ones you wish. If you want to contact us, you can use the following communication channels;


Email: [email protected]

Twitter: http://twitter.com/notesio

Instagram: http://instagram.com/notes.io

Facebook: http://facebook.com/notesio



Regards;
Notes.io Team

     
 
Shortened Note Link
 
 
Looding Image
 
     
 
Long File
 
 

For written notes was greater than 18KB Unable to shorten.

To be smaller than 18KB, please organize your notes, or sign in.